8 maande gelede
Sterk Os en Hond
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is gebore op 24 Maart 1985 en wil net weet wat die jaar vir my inhou.

Ek en my vriendin is besig om ’n besigheid saam te begin en ek wil net weet of ons suksesvol sal wees daarmee.

Sy is gebore op 26 Februarie 1985.

Ek wil ook ’n ander besigheid begin sodra dié besigheid van die grond af is. Ek is tans ongelukkig by my huidige werk en weet nie hoe lank ek nog gaan uithou daar nie.

Maar ek byt nog vas, want dis my enigste inkomste vir nou.

U insig sal baie waardeer word. Anoniem

Ek het wonderlike nuus vir julle twee.

Julle is albei onder die Oosterse teken van die Os gebore.

Dis ’n geweldige sterk teken.

Die Os is gedetermineerd verby. Partykeer ook sommer hardkoppig, maar in die sakewêreld is dit ’n moet.

Die Os kan baie swaar vragte dra en lang tye sonder ophou werk – en dit is ook ’n moet as jy ’n besigheid wil begin.

Dit is ook die Oosterse jaar van die Hond – en die Os en die Hond kom baie goed oor die weg. Die Hond bring ook geluk en vriendelikheid.

Jy is onder die Westerse teken van die Ram gebore – nog ’n sterk teken. En jou vriendin is onder die Westerse Twee Visse gebore, wat baie natuurlike sjarme het – ook ’n moet in die sakewêreld.

En ek sien net sukses vir julle vorentoe. Maar ek sal jou aanraai om nie voor jou verjaardag die projek af te skop nie.

Die dae voor jou verjaardag is nooit ’n goeie tyd om nuwe goed te doen nie, want die heelal werk bietjie teen jou in dié tyd.

Maak liewer die besigheid se deure op jou verjaardag of daarna oop. Dit is dan ’n baie geskikte tyd om te begin.

As julle ’n huurplek of kantore vir die besigheid het, moet julle ’n blompot in die linkerhoek agter in die kantoor sit.

Sit ’n stuk rooi papier onder die pot se piering en “plant” drie 50c-muntstukke in die pot, saam met ’n plant.

Dit sal jul money corner wees om geld na die besigheid aan te trek. As julle nie ’n kantoor het nie, meng allspice, gemaalde gemmer, droë basil, en nutmeg en sit dit in jul beursies om geld en geluk aan te trek.

En moenie vergeet om heldergeel in al jul stationary, soos besigheidskaartjies, te gebruik nie. Dis die kleur van goud en vang die oog.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling, of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson.com, of kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters