2 maande gelede
St. Valentine: So, wie wás hy nou?
 ~ 

BESTE leser

Ons het Donderdag Valentynsdag gevier, m aar die ding is eintlik nog nie verby nie.

So, ek het gedink ek sal so ’n bietjie uitwei daaroor, want die hele maand is eintlik die maand van die liefde.

Dinsdag het ons ook ’n volmaan in die Huis van die Maagd (Weste). Dié sterreteken is onskuldig en baie logies (een plus een is twee).

Verlede maand was vir die meeste mense maar een van angstigheid, n ie net in terme van finansies en die nuwe jaar nie.

Dis omdat ons ook ’n volmaan in die Huis van die Leeu (Weste) gehad het. Dís ’n baie arrogante, trotse, sterk en soms wrede teken.

So, die jaar het op soveel maniere baie stresvol begin, maar ons het nou die geleentheid om van voor af te begin in die Huis van die Maagd.

Baie mense sê vir my hulle glo nie aan Valentynsdag nie, en dat hulle in elk geval nie geld het om aan nonsens uit te gee nie.

Dit maak sin, w ant Valentine’s het, nes Paasfees en Kersfees, in money-spinning-feeste vir besighede verander.

Die verhaal waarvan die fees ontstaan het, is baie oud.

Valentine was ’n priester wat in 226 gebore is. Hy het later ’n biskop geword.

Die Romeinse keiser het in ’n stadium beveel dat jong mans nie mag trou nie, want hulle is beter soldate as getroude mans.

Valentine het dié bevel egter verontagsaam en jong mans in die geheim getrou.

Die keiser het dit uitgevind en in 269 is Valentine doodgemartel.

Wel, dís een van die stories. Die Katolieke Kerk het hom daarna as ’n saint verklaar.

So, dis nou ’n goeie tyd om aan jou geliefdes te wys wat hulle vir jou beteken en hoe jy oor hulle voel.

En dit hoef nie tjoklits en blomme te wees nie. Gaan stap sommer saam met hulle op die strand o f pluk sommer wilde blomme en plaas dit in ’n glas langs die bed.

Of skryf vir hulle ’n romantiese brief of boodskap op jou slimfoon.

Maak lekker kos saam, en as jy glad nie kan kook nie, volunteer ten minste om die skottelgoed te was.

Steek kerse op (dalk het jy “danksy” Eskom nie ’n keuse nie) en wees intiem.

Die punt is, wees net oorspronklik.

  • Kontak Bruno so vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Rogge­baai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos na albert@kaap seson.com of besoek psy chicbruno.co.za
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters