14 dae gelede
Slangman versper Varkvrou se kanse
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 20 April 1959 gebore en my ou op 11 Janu­arie 1953. Ons is al ’n jaar in ’n verhouding.

Toe ons ontmoet het, het ek nie geweet hy is ’n tweede keer getroud nie. Sy eerste vrou is oorlede.

Hy is nou drie jaar getroud, maar daar is geen liefde of kommunikasie tussen hulle nie.

Ek is ’n enkellopende vrou met groot kinders; hy het twee kinders wat getroud is.

Ons is baie lief vir mekaar, maar ek weet nie wat om te doen nie, want soms voel ek lus om die verhouding te verbreek, maar ek kan dit nie regkry nie.

Is daar ’n toekoms vir ons? – Anoniem

Onder die Westerse tekens is jy gebore in die oorgang (cusp) tussen die Ram en Bul, en onder die Oosterse tekens val jy onder die Vark.

Diegene wat in cusps gebore is, is gewoonlik kompleks.

En terwyl die Vark by uitstek ’n huisdier en baie lojaal aan sy of haar familie is, is die Ram en Bul albei vrek hardkoppig.

Hy is ’n Waterdraer (Weste) en Slang (Ooste).

Waterdraers is baie goeie kommunikeerders en puik beplanners­.

Die Slang word beskou as die klein Drakie, wat ’n teken van groot geluk is.

Ek sien dié man dus as ’n kansvatter. Hy laat jou verstaan daar is geen kommunikasie of liefde tussen hom en sy vrou nie, en tog bly hy by haar – hoekom?

En hoekom verbreek hy nie alle bande met sy vrou vir jou nie? Hy beplan mooi,

want hy is mos vrek lucky ... Hy hou twee vroue aan.

Ek dink jy moet hom konfronteer oor hoekom hy nie skei nie. As jy nie met sy antwoord te­vrede is nie, raak van hom ontslae.

Die hemele bied jou nou die geleentheid om dinge in jou lewe te verander.

Daar staan twee nuwe geleenthede by jou voordeur en wag as jy van dié man ontslae raak. Eerstens sal meer geld of ’n beter job kom binne twee tot drie maande nadat jy hom gepos het.

En tweedens kan jy ’n beter man verwag.

Maar solank dié man in jou huis is, kan jy die deur nie vir die geleenthede oopmaak nie.

Hierdie is die Jaar van die Hond, ’n tyd vir eerlikheid en lojaliteit.

Wees nou vir ’n verandering eerlik met jouself en veral ook lojaal teenoor jouself. Moenie ’n speelding bly nie.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson.com, of gaan besoek die webwerf psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters