5 maande gelede
Slang-weduwee al 9 jaar in sak en as
 ~ 

Beste Bruno

Ek is al nege jaar ’n weduwee.

My man het in ’n motorongeluk gesterf.

Ek het twee seuns.

Ek het al met baie in my lewe gesukkel – van finansies tot liefde – en ek moes ook my seun rehab toe stuur oor sy dwelmverslawing.

Ek wil weet of dit karma is en of daar enige toordery betrokke is wat my verhoed om gelukkig te wees.

Ek het selfs my huis verloor.

My seuns is nie meer by my nie en ek bly tans by my siek ma.

Ek sukkel ook om vrede te maak met my verlede sedert ek ’n klomp geheime van my oor­lede man ontdek het.

Hy het ’n verhouding met my beste vriendin gehad en hy het ál my geld uit my rekening onttrek.

Ek wil so graag weer gelukkig wees en my lewe met ’n spesiale persoon deel.

Ek is nou eers 39 en ek bly in ’n klein dorpie naby Cradock. Anoniem

Om nege jare aan die wroegings van die lewe te dra, is heeltemal te lank.

Dit voel vir my of jou afgestorwe man steeds jou gevoelens vanuit die graf beheer.

Dit is dus nou die tyd om jou emosies te vernuwe.

Skryf ’n brief waarin jy alles sê waaroor jy kwaad is en berou het of wat jou sleg laat voel of hartseer maak. Vou dit drie keer, steek dit aan die brand en spoel die as in die toilet af.

Skryf dan ’n nuwe brief aan God waarin jy vir alles vra wat jy in jou lewe wil hê, nie net fisieke goed nie, maar ook emosionele goed.

Vou dit dan drie keer, steek dit aan die brand en blaas die as in die lug sodat God jou gebede kan verhoor.

Jy moet dié jaar gebruik om jou te vernuwe, want dit is die Oosterse jaar van die Apie en Apies hou van speel.

Jy is onder die Oosterse teken van die Slang gebore.

Apies is mos vrek bang vir Slange. So, nou is dit ’n gulde geleentheid, want die Aap gaan jou met rus laat.

Onthou, ander mense, ook potensiële partners, gaan jou nie gelukkig maak nie.

Net één persoon is vir jou geluk verantwoordelik en dit is jy self.

Oor drie maande sal jy ’n werkaanbod kry wat nuwe moontlikhede sal bring.

Hou altyd vars blomme in die huis. Dit bring genesing – vir jou én jou ma.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen be­taling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Jy kan ’n faks stuur na 086 503 1993 of e-pos albert@­kaapseson.com, of gaan kyk sommer aanlyn by ­­­psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters