Verlede maand
Slang-klong druk selfmoordknoppie
 ~ 

Beste Bruno

Ek is op 18 Julie 1965 gebore en my seun op 9 Junie 1991.

Hy sukkel om werk te kry, maar ek kry die gevoel hy soek nie hard genoeg nie.

Hy gaan nou inskryf vir ’n kursus om sy punte te verbeter.

Verder drink hy naweke en dan vra hy geld by my. Ek bid baie vir hom en dat die drinkebroers uit sy lewe sal verdwyn.

Hy is baie manipulerend en dreig met selfmoord. Hy was al opgeneem vir depressie.

Verder gaan dit finansieel nie goed met my nie, want ek het baie skuld en werk alleen.

By die werk is dinge ook nie 100% nie, want ek word nie betaal wat my toekom nie.

Ek het ’n promosie gekry, maar die aanbod wat aan my gemaak is, is minder as my ander kollegas s’n wat op dieselfde posvlak as ek is. Ek het nie die aanbod geteken nie. Ek vra raad, asseblief. Anoniem

Jy is onder die Westerse teken van die Kreef gebore en onder die Oosterse teken van die Slang. Dit maak jou ’n intens private persoon wat dinge internaliseer.

Ongelukkig is Krewe geneig om volgelinge te wees, eerder as leiers. Hulle kommunikeer nie baie maklik nie en is ook geneig om psigiese goed baie sterk aan te voel.

Jou kombinasie kan jou ook geneig maak om soos die victim te voel. Ek sien dit is wat by die werk gebeur het.

En sou aanraai jy gaan terug na die onderhandelingstafel by die werk en aanvaar die aanbod. En word meer positief deur beter met ander mense en God te kommunikeer, want ek sien baie negatiwiteit in daai huis.

Daar is ’n ongesonde verhouding tussen jou en jou seun.

Hy speel ook die victim en jy gee in, want hy is ’n Westerse Tweeling met baie mood swings én ’n Oosterse Slang. Jou seun druk daai selfmoordknoppie, want hy weet dit werk.

Moenie daarvoor val nie, want ek sien nie so iets nie.

En staan sterk met die drankgeld deur dit nie vir hom te gee nie. Luxuries soos drank hoort nie in daai huis nie, want dit verander ook sy mood.

Staan sterk, maar laat hom verstaan jy doen dit uit liefde.

Ondersteun hom eerder met daai kursus en moedig hom aan om daarop te fokus, eerder as op drank. As hy beter word, sien ek ’n werk vir hom so oor drie of vier maande.

Onthou, jy is die volwassene! Nou moet jy die stuurwiel van jou lewe oorvat en self bestuur.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters