4 maande gelede
Skewe krewe hou oë nie op doelwit
 ~ 

BESTE Bruno

Ek probeer maar nog ’n keer. Ek is op 18 Julie 1984 gebore.

Ek staan op die rand daarvan om my werk te verloor.

By die werk lyk dinge vir my donker.

Sal dit beter wees om te bedank, of moet ek wag om afbetaal te word?

Ek is getroud, maar het geen kinders by my vrou nie. Daar is wel voorkinders.

Hoe lyk dinge vorentoe vir my familie? Is ’n kleinding op pad? Wat van geld, werk en gesondheid?

Van die Lotto wil ek nie eens praat nie. Dis nie ’n opsie nie, want dit eet net my geld op.

Wanneer sal die donker wolk oor my kop dan weggaan? Anoniem

Jy’s onder die Westerse teken van die Kreef gebore en onder die Oosterse teken van die Rot.

Krewe is geneig om baie emosioneel te wees.

Hulle dink met hul hart en nie met hul kop nie. Hulle is gevolglik nie baie rasioneel nie.

Vir die Kreef is die jaar van die Hond erg verwarrend.

Krewe hou ook daarvan om skuins te loop. Dit draai hul oë weg van hul doelwit.

Die Rot is ook maar ’n senuweeagtige dier. Vir hom is die jaar van die Hond ook meer stresvol, want die Hond is lojaal, maar ook baie gulsig.

Daarom wil ek jou eers aanraai om met jou kop te dink en nie met jou hart nie.

Raak stil en begin rasioneel dink.

Moenie net uit jou werk bedank nie. Druk deur en werk nóg harder.

Ek sien jy sal so oor ’n maand of twee ’n ander job kry. By die nuwe werk sal jy nuwe vaardighede aanleer, maar dan moet jy eers stil raak en al daai negatiwiteit en duisternis rondom jou aan God gee.

Mense met so ’n donker wolk om hulle is gewoonlik nie baie welkom nie, want ander mense voel dit aan.

Emosionele bagasie kan ook jou gesondheid belemmer. Ek sien ook jy kan jou vrou met dié negatiewe getob wegstoot.

Jy moenie haar ’n koue skouer gee nie. Sorteer jouself uit en sy sal aan jou kant wees.

Ek sien in September gaan jy op al die vlakke in jou lewe verander en groei – mits jy die donker wolk kan afskud.

Ek voorsien nie ’n baba in die nabye toekoms nie. As jy emo­sioneel onstabiel bly, sal ’n baba net ekstra druk na die huis toe bring. Kyk eerder uit vir die positiewe dinge in jou lewe.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Jy kan ook ’n faks stuur na 086 503 1993 (gemerk vir Bruno se aandag) of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters