3 maande gelede
Skerpioen sal pos kry as sy gou act
 ~ 

Beste Bruno

Ek wil nie hê dat jy my en my man se geboorte­datums moet publi­seer nie asseblief.

Ek is nou al twee jaar ’n algemene werker vir ’n maatskappy.

Ek het elke dag daarvan ’n kollega gehelp – en nou het dié ’n beter pos in ’n ander tak gekry.

Ek wil nou graag aansoek doen vir dié kollega se ou pos, want ek weet nou wat dit behels.

Staan ek ’n kans om dit te kry?

Ek is baie ongelukkig in my huidige pos en wil dit net opgee.

Wat my man betref, hy is geopereer en ek wil weet of hy 100% sal herstel.

En wat hou die toekoms vir ons in? Sal ons eendag kinders hê.

En sal ons ons eie huis hê, want ons bly by my ma omdat ons sukkel om ’n plek van ons eie te kry. Anoniem

Jy is onder die Skerpioen (Weste) en Slang (Ooste) ge­bore.

Die Skerpioen kan baie teruggetrokke en baie intens wees en die Slang ook baie privaat.

Die Engelse sou sê jy blend te veel in, en dít is hoekom jy ook by die werk nie raak­gesien word nie.

Daarom moet jy jouself uit­sonder om agting te verdien. Laat die werkgewer weet wat jy alles vir daardie pos gedoen het en wat jy nou daarvan weet.

Trek netjies aan en tree op asof die pos reeds joune is. Moet dit net nie oordoen deur arrogant te wees nie.

As jy jou kaarte reg speel, staan jy ’n baie goeie kans om die pos gebied te word.

So, motiveer in ’n brief waarom jy dink jy verdien die pos. Bemark jouself as die geskikste kandidaat en doen dan aansoek daarom.

En terwyl jy wag, lighten up, glimlag en wees optimisties.

Jou man is ’n Weegskaal (Weste) en ’n Hond (Ooste).

En dis hoeka die Jaar van die Hond – wat soos elke Oosterse teken net een keer elke 12 jaar voorkom.

Dit is dus die jaar waarin jou man homself kan herskep en elke geleentheid aangryp wat die heelal hom bied.

Jou man sal ook volkome herstel, want honde is taai.

Ek sien ook ’n swangerskap so in die middel van volgende jaar en dis ’n dogter.

Ek sien ook julle is in jul eie blyplek so ná die eerste twee maande van volgende jaar.

Ek sien ook baie sukses vir jou man.

  • Kontak Bruno so vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapse son. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters