8 maande gelede
Sitrus bring nuwe energie in ’n huis
 ~ 

BESTE leser

Al het die reën groot verligting gebring, het die grou en nat weer baie mense dié winter negatief aangetas.

Ons is egter nou amptelik in die lente en ons kan orals die pragtigste velde van blomme sien ná ál die water. Daarom het ek dit goedgedink om weer my tradisionele spring-clean-sessie met julle te deel.

Kom ons begin by die voordeur en dan na alle deure van die huis, want ons wil ál daai donker negatiewe energie van die winter uitkry. Dan kan ons die lente se nuwe energie en nuwe lewe by die huis inkry.

Maak seker die skarniere van jou voorhekke en voordeur is geolie sodat dit nie squeak nie.

Doen dit ook met ál die ander deure in die huis, want dit is ’n voorbeeld van ou energie. Ons wil mos vernuwing bring.

Positiewe energie kom juis by die voordeur in.

Dan moet jy seker maak ál die gloeilampe in die huis werk. Vee hulle ook mooi skoon met ’n klam lap.

Ou energie hang rond by gloeilampe en vergaar saam met die stof in plekke soos gordyne en agter meubels teen mure.

As jy kan, moet jy die gordyne stofsuig.

Indien nie, moet jy dit ten minste goed afstof. Moenie van die bokant van die gordyne se railings vergeet nie.

Skuif ál die meubels weg en maak veral die hoeke van die vertrekke skoon en sonder stof.

Sitrusvrugte is uiters belangrik gedurende hierdie hele proses.

Sitrusvrugte se geur en kleur verjaag depressie in ’n donker gemoed omdat hulle die vibrasies in die woning verlig en dit reinig.

Maak ’n spring bowl waarin jy drie lemoene of suurlemoene sit. Steek dan ’n paar naeltjies in elkeen. Naeltjies beskerm jou psige.

Jy kan ook kaneel daaroor strooi, want dit bring kalmte. Sit so ’n bak in elke kamer om die vibrasies te verlig.

Jy kan ook ’n paar in klein bakkies sit vir daai nuwe vars reuk in elke kamer.

Kook die skille van lemoene en suurlemoene op, en laat dit afkoel voordat jy dit in ’n sproeibottel sit. Dié geur is wonderlik en reinig die huis.

Jy kan ook suurlemoensap met asyn in ’n sproeibottel sit en dit as ’n reiniger vir jou hele badkamer en kombuis gebruik.

Les bes, pak jou donker klere en duvets weg en haal jou helder kleure uit om die lente in jou huis in te trek.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters