2 maande gelede
Os is beter vir Aap as charming Draak
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 10 Julie 1968 gebore en my vriend van 11 jaar op 31 Oktober 1961.

Hy sorg baie goed vir my, maar ek voel onvergenoeg.

My kollega, wat gebore is op 8 Oktober 1988, laat my goed voel en ek geniet sy geselskap.

Ons erken ons hou van die wedersydse aandag, maar niks kan daarvan kom nie. Hoe sien jy die situasie? –Anoniem

Jy is onder die Oosterse teken van die Apie en die Westerse teken van die Kreef gebore.

Jou vriend is onder die Oosterse teken van die Os en die Westerse teken van die Sker­pioen gebore.

Die kollega is onder die Oosterse teken van die Draak en die Westerse teken van die Skerpioen gebore.

Kom ons begin by jou vriend van 11 jaar. Dié vriend is baie standvastig (Os), volwasse en verantwoordelik. Miskien is hy by tye amper te volwasse en vergeet van die kind in hom.

Vir die spelerige Apie is hy die ideale partner, want waar die Apie gekskeer en onverantwoordelike dinge aanvang (veral in dié jaar, want dit is die Jaar van die Apie) sal die Os altyd pa staan, die Apie uit die gemors help en die volwassene in die partnership wees.

Ek dink jy moet werklik jou aapstreke met die Draak los.

Ek sien jy het net die charm van die Draak raakgesien.

Die Draak wil altyd voor in die koor wees en die parade lei.

Daai Draak sien jou as ’n speelding.

En sodra die Aap weer aapstreke aanvang en op die Draak se tone trap, gaan die Draak daai Aap opeet dat net die bene oorbly.

As jy hiermee aangaan, gaan jy jou vingers verbrand en alles met die Os verloor, want sy geduld gaan net so lank hou.

Jy is in ’n baie voordelige verhouding. Moenie dit opmors nie.

Ja, as ’n handsome Draak, dekades jonger as jy, aandag aan jou gee, sal dit enige iemand se ego streel. Maar dis net wat dit is – ’n ego trip.

Onthou, dié jaar is die een keer in 13 jaar wanneer jy jouself kan vernuwe en verbeter.

Kyk of jy jou verhouding met jou vriend van 11 jaar misbruik (jy sê mos hy kyk goed na jou). As jy dit wel doen, moet jy onmiddellik ophou en jouself vernuwe en verbeter.

Miskien is dit nou die tyd om so ’n bietjie met die Os te speel, en dan sal die onvergenoegdheid en frustrasie weggaan.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of ’n e-pos aan albert@kaapseson.com, of gaan kyk bypsychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters