4 maande gelede
My man word 40, en is toe net vort
 ~ 

BESTE Bruno,

Ek is op 16 April 1979 gebore en my man op 3 Januarie 1977. Ons is 15 jaar getroud en het drie kinders.

Ons is vervreem net ná sy 40ste verjaardag: Hy het die huis toe verlaat en nie terug­gekom nie.

Baie dinge het al gebeur en baie goed is gesê.

Ek is lief vir my man, maar hy maak asof ek nie bestaan nie.

Sy verhouding met sy seun is ook nie reg nie.

Is daar nog ’n toekoms vir ons saam? Anoniem

Jy is onder die Westerse teken van die Ram gebore, wat ’n vuurteken is, en onder die Oosterse teken van die Bok.

Jou man is onder die Westerse teken van die Steenbok gebore en onder die Oosterse teken van die Vuurslang.

Die Ram en Steenbok kom eintlik goed oor die weg, want julle is albei doelgerig en teikengedrewe. Julle wil albei jul doelwitte bereik.

Dit maak julle egter ongelukkig ook hardkoppig en dat julle soms koppe stamp.

Dis anders as die Bok en Vuurslang: Hulle pla mekaar nie. Die Bok vreet sy gras en die Slang wat hy kan vang.

Ongelukkig is die Ram geneig om te praat voordat hy of sy daaroor dink, en ek sien dís wat hier gebeur het.

Jy het jou man onwetend met jou tong seergemaak.

Vir baie mense is hul 40ste verjaardag ’n groot skok, want hulle voel skielik oud.

Woorde het uitgeglip, jou man was onder druk, en toe loop hy.

Ek sien jy het die brief in April geskryf; ek sien ook die syfer drie.

So, as hy ná drie maande nie terug is nie, sien ek wel hy is op pad terug.

Ek sien nie dat ’n vrou hom weggeraap het nie.

Ek sien ook dat dié nega­tiewe ding eintlik ’n positiewe uitwerking sal hê, want by sy terugkeer sal die lug gesuiwer wees en julle sal mekaar beter verstaan.

Dié is ’n ompad op jul huweliks­paadjie.

Dis ook nou die ideale tyd om jou voor te berei, want dis volmaan in die huis van die Leeu.

Maak ’n lys van wat jy uit jou lewe wil hê, vou dit drie keer, brand dit en spoel dit in die toilet af.

Vra dan in ’n brief aan God vir engele en geluk in jou lewe, vou dit drie keer, brand dit en blaas die as die lug in.

  • Kontak Bruno so vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos aan albert@ kaapseson.com, of gaan kyk by psychicbruno. co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters