2 maande gelede
My huishouding is een groot hel
 ~ 

BESTE Bruno,

Hoewel ek jou my geboortedatum en dié van my man en ons seun gee, vra ek jou asseblief om dit nie te publiseer nie.

In 2001 het ek my huise, my kar en amper my lewe verloor.

My man het ’n buite-egtelike kind gemaak, maar ek het hom vergewe en sy kind aanvaar.

My seun het ’n tikprobleem en het al duisende rande se goed van my gesteel wat ek nooit sal terugkry nie.

Hy het ’n kind wat hy nie eens onderhou nie, so ek en my man help waar ons kan.

My man het sy werk verloor en help sy broer nou met odd jobs.

Ek wil net die volgende weet: Sal my seun ooit verantwoordelik word en ’n werk kry en sal my man weer ’n werk kry?

Ek werk as ’n kinderoppasser om die pot aan die kook te hou.

Ek bid vir my familie, veral vir my seun. Ek wil net ’n rustige lewe lei, een sonder die tik en hartseer.

Ek hoop jy kan my goeie nuus gee.Anoniem

Ag, mevrou, ek voel jou pyn, maar ek gaan nie eens doekies omdraai nie: Daar is nie ’n kitsoplossing vir jou probleme nie.

Jy is gebore op die oorgang van die Ram en Bul (Weste) en die Bok (Ooste).

Dit maak van jou ’n baie sterk, maar ook dominerende kombinasie, en hardkoppig.

Jou man is ’n Leeu (Weste) en Tier (Ooste), wat ook baie sterk, maar ook baie trots is.

Ek sien sy eer is gekrenk oor hy sy werk verloor het.

Jul seun is ook ’n Leeu en ’n Bok.

Ál hoe jy oplossings vir jou probleme sal vind, is as jy aan jou dominerende persoonlikheid werk.

Onthou, jy speel die belangrikste rol in die huishouding en jou houding bepaal hoe die ander lede voel.

So, as jy ’n bietjie liefde en vrolikheid in die huis versprei, sal die ander daarop reageer.

Ek sien jou man gaan so binne twee maande werk kry, maar ongelukkig sien ek die Hand van God ingryp by jou seun in die gedaante van die gereg.

En dié ellende is dalk ’n bedekte seën wat jou seun se oë hopelik sal laat oopgaan.

As dit gebeur, sien ek vir hom ’n werk aan die einde van die jaar.

Onthou, jy is nie alleen nie: Jy het ’n verbinding met God; klou daaraan en werp jou lot in Sy hande. Sterkte.

  • Kontak Bruno so vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of ’n e-pos aan albert@kaap seson.com, ofslaan gerus psychicbruno.co.za na.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters