4 maande gelede
Mense nou met die maan gepla
 ~ 

Beste leser

EK het dié week omtrent wakker gelê, want die mooi volmaan het my wakker gehou.

Dit was baie helder. Daarom het ek besluit om hierdie week ’n bietjie meer te praat oor die belangrikheid van die maan en die maan se invloed op ’n mens se lewe.

Op ’n fisieke vlak speel die maan ’n baie belangrike rol.

Dit het ’n invloed op die getye van die see. Ons kan dít ook aanvoel, want ons bestaan mos omtrent 80% uit water.

Terloops, die maan is ook die teken vir water, terwyl die son die teken van vuur is.

Op ’n emosionele vlak speel die maan ook ’n belangrike rol, want hy beheer ons gemoedstoestand.

Die volmaan gee ons die groot kans om goed in ons lewe te finaliseer en klaar te maak.

Dink maar aan daai projek soos ’n houtwerkstuk waaraan jy al so lank werk, maar net nie kan klaar maak nie.

Die heelal gee jou met die volmaan kans om die ding klaar af te skuur en te vernis.

Die spesifieke volmaan dié week is op die oorgang tussen die Huise van die Ram en die Bul. Albei is baie sterk Westerse tekens.

Hulle is ook baie hardkoppig, nes die spreekwoordelike “bull in a china shop”. Die Bul worry nie wat of wie hy omstamp nie.

En die Ram sal sy kop teen ’n muur stamp totdat daai muur omval.

Die positiewe aspek van dié volmaan is dat die heelal jou ’n kans gee om uit jou La-Z-Boy-stoel op te staan en die dinge te vat wat jou toekom.

Gryp die kans aan en vat wat jy al so lank soek.

Jy moet tot aksie oorgaan, want die goed wat jy wil hê, gaan nie sommer in jou skoot val nie.

Jy moet dit egter nie op ’n aggressiewe manier doen nie, want die negatiewe aspek van die spesifieke volmaan is dat mense ook baie nors of on­beskof voorkom as gevolg van die aard van die twee tekens.

Daar gaan nie ’n wag voor hulle mond wees nie.

Jy gaan dié tipe gedrag ook veral in die verkeer agterkom in die volgende week.

Aggressie sal sterk wees. So, gaan saam met die stroom en moenie op woede reageer nie.

Dit sal maak dat jy net hope en hope energie op nuttelose dinge mors. Sodoende sal jy ook die doelwit uit die oog verloor – om te gaan vat jy wil hê, soos ek vroeër gesê het.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk by sy site, psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters