6 maande gelede
Man kry kanker, wil sommer skei
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is ’n Waterdraer en my man ’n Tweeling.

Ná 28 jaar se getroude lewe het hy besluit hy het genoeg gehad van my.

Ses maande gelede is kanker by hom gediagnoseer en ons familie is deur hel.

Ná ’n klomp skellery en be­ledigings het ons hom aangemoedig om vir die operasie te gaan. Hy het toe die operasie laat doen.

Op die dag van die operasie toe sit hy sommer ’n egskeiding aan. Tans is dit op hold.

Ná alles wat ek saam met hom deurgemaak het, is dít die dankie wat ek kry.

Hy stel ook geensins in sy kinders belang nie.

Hy het hulle net sleggesê en met alles moed opgegee.

Wat kan ek verwag van 2018?

Ná die operasie is hy vir eers skoon van die kanker, maar daar lê nog ’n baie lang pad van toetse en behandeling voor. Anoniem

Jul sterretekens pas eintlik baie goed by mekaar, want julle is eintlik albei lugtekens (air signs).

Nou kom ons begin by jul verhouding.

Ek sien geen egskeiding nie en ook nie enige teken van die dood by jou man nie.

So, kom ons begin by hom. Die meeste mense word ge­weldig gegooi deur die tyding dat hy as ’n sterk mens nou kanker het en dat dit nodig is vir ’n operasie.

Veral mans vat dit vreeslik erg.

Daar is dikwels woede, ’n gevoel van hopeloosheid, frustrasie en veral vrees.

En dan doen die meeste mense die onverantwoordelikste goed, selfs om te skei.

Die persoon kan ook voel hy wil nie hê sy naastes moet deur die pyn gaan om te sien hoe hul geliefde voor hul oë sterf nie. En dan druk die sieke sy naastes weg.

In baie gevalle kan ’n gevoel van skaamte by kankerlyers voorkom. Hulle wil hul siekte wegsteek. Dit gebeur veral by algemene “manskankers”.

Wees jy die sterk een en staan hom by. Wees die verpleegster en wys hom jy is daar.

Partykeer gee die heelal jou so ’n helse klap soos kanker. Dis vir almal ’n baie groot wake-up call, maar dis ook die begin van ’n tweede kans in die lewe en ’n teken van vernuwing.

Gee hom ’n kans om tot verhaal te kom. Daar is nog ’n toekoms vir julle, al gaan die pad in die toekoms nog ’n bietjie swaar wees. Sterkte.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of stuur ’n e-pos aan albert@­kaapseson.com, of kyk by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters