4 maande gelede
Liefde werk nie soos draak dink
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 6 Mei 1988 gebore en my eks-kêrel in September 1983.

Ons was twee maande saam toe hy ons verhouding beëindig het.

Ek is nog baie lief vir hom en glad nie oor alles wat gebeur het nie.

Wat die liefde betref, wil ek graag weet wat die toekoms vir my inhou en of ons dalk weer saam sal wees.

Ek hoop regtig Bruno kan my help. Anoniem

Jy is onder die Oosterse teken van die Draak en Westerse teken­ van die Bul gebore.

Albei tekens maak van jou ’n dominerende mens.

Bulle is geweldig sterk (dink maar aan die uitdrukking “bull in a china shop”).

Bulle kan geweldig hard­koppig wees en wil graag hulle sin kry.

Drake is ook geweldig sterk en wil boonop altyd in die kollig wees.

Julle het ’n groot aptyt vir aandag, en dit maak van julle baie veeleisende mense.

Jou eks daarenteen is ’n baie sagter wese.

Hy is onder die Oosterse teken van die Vark en die Westerse teken van die Maagd ge­bore.

Varke is huislik, familievas en hou nie van drama nie.

Maagde is helderdenkend en rustig, en straal liefde uit.

Ek sien jy het hom heeltemal oorweldig, daarom is hy vort.

Ek sien ook nie dat julle ooit weer saam sal wees nie.

Die liefde werk ook nie soos jy dink nie.

’n Mens raak nie sommer binne net twee maande lief vir iemand nie.

Die proses vat baie langer en is baie ingewikkeld.

Ek sien ook iets onrus­barends, en dít is dat iemand hom namens jou dophou. Dit moet dadelik stop.

Vrydag is daar ’n nuwe maan in die Huis van die Ram.

Die nuwe maan bring altyd iets nuuts in ’n mens se lewe en in dié tyd trek jy nuwe dinge na jou aan.

En die Ram, wat ewe hardkoppig is, dwing jou om op te tree. Daarom vra ek dat jy God in ’n brief vra om jou te help om die man te laat gaan.

Vra hom ook om jou pyn te verlig.

Doen dit, en vergeet van jou eks, en verwyder enige tekens van hom uit jou lewe.

Moenie vanjaar liefde soek nie. Word eers genees en kom dan terug aarde toe.

Ek sien iemand eers volgende jaar in jou lewe. Sterkte.

  • Kontak Bruno vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Rogge­baai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of ’n e-pos aan albert@ kaapseson.com of besoek psychicbruno.co.za
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters