2 maande gelede
Kreef kan oor eks kom met 3 vrugte
 ~ 

Beste Bruno

Ek is op 11 Julie 1978 gebore.

Daar was so ’n paar maande gelede ’n meisie in my lewe, maar sy is nou by iemand anders.

Ek is nog baie lief vir haar. Sy weet natuurlik ook hoe ek oor haar voel.

Ons was so drie jaar saam voordat sy my vir dié ou gelos het. Ek kan haar nie uit my mind kry nie.

Ons het nie probleme gehad of eens gestry nie. Die skeiding het net skielik gebeur.

Kan jy sien of ons paaie eendag weer sal kruis?

Is daar ’n toekoms vir ons, want ek wil graag met haar trou. Anoniem

Jy is onder die teken van die Kreef (Weste) en Perd (Ooste) gebore.

Krewe is baie emosioneel omdat julle die maan volg, en dis vandag net mooi volmaan in die Huis van die Twee Visse.

Dis dié tyd dat almal baie emosioneel en sensitief is, want die Twee Visse en die maan beheer die emosies.

Vir jou is dit ekstra moeilik, want jy is reeds ’n emosionele wese.

Die Perd is verskriklik hardkoppig en trots. Omdat dié meisie jou gelos het, is dit ’n groot terugslag vir jou ego.

Ek moet eerlik wees met jou en ongelukkig sê daai vrou gaan nooit terugkom nie, want julle verhouding het verstryk.

Jy het toegelaat dat jou emosies jou mislei, want jy’t die waarskuwingstekens in jul verhouding nie raakgesien nie.

Ek stel voor jy beëindig alles finaal­ van jou kant af.

Skryf nou ’n mooi brief aan haar – wat jy nie vir haar gaan gee nie ...

Bedank haar vir alles wat sy vir jou beteken het, wat jy uit jul verhouding geleer het en vir die goeie tye. En wens haar ook voorspoed toe.

Vou die brief dan drie keer, steek dit aan die brand en blaas die as die lug in.

Dit behoort jou finaal af­sluiting te bied sonder dat jy vir haar kwaad sal wees.

Sit ook drie suurlemoene in jou kamer. Dit sal ál die ou energie, hartseer en onsekerheid absorbeer. Wanneer dit muf is, moet jy dit weggooi.

Verander ook so ’n bietjie aan jou huis om die energie te skommel. Jy kan byvoorbeeld jou meubels rearrange.

En nou die goeie nuus: Ek sien voor die einde van die jaar ’n nuwe vrou in jou lewe.

Maar vat dit kalm en moenie oorhaastig emosioneel op haar neerkom nie.

  • Jy kan Bruno kontak vir ’n persoonlike konsul­tasie teen betaling by 021 439 2154, of skryf aan Bruno by Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993, e-pos albert@kaapseson. com of gaan besoek die site psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters