4 maande gelede
Is ek uitgesonder vir mislukking?
 ~ 

BESTE Bruno

My geboortedatum is 29 Januarie 1982.

Ek is ongetroud, maar het twee kinders.

My lewe is net een groot probleem: Dit voel asof niks regkom nie, al probeer ek hoe hard.

Ek bly in die skuld. Wanneer die een probleem opgelos is, duik ’n ander een op.

Ek probeer so hard om aan ’n huis van my eie te kom en ’n klein kar te kry, maar niks gebeur nie.

Ek het nou ’n goeie werk, en ek dank die Here daarvoor, want voor dít het alles net na die afgrond beweeg.

Wat die liefdeslewe betref, gaan dit ook maar moeilik, want niks werk nie.

Het jy asseblief enige raad vir my?Anoniem

Jy is onder die Westerse teken van die Waterdraer en onder die Oosterse teken van die Hond gebore.

Een keer in 13 jaar bied die heelal jou onder jou Oosterse teken ’n gratis makeover.

En omdat dit die Jaar van die Hond is, is dit jou jaar dié, en daarom moet jy vanjaar op jouself fokus.

Ek kry wel die gevoel jy is soos daai spreekwoordelike hondjie wat van hek tot hek hardloop en histeries blaf.

Ek is bly jy het ’n band met die Here, want dit kan jou help kalmeer.

So, eerstens, word innerlik kalm en praat dan elke dag met die Here, al is dit ook net in ’n blitsgebed tot Hom.

Fokus op jou werk, want ek sien binne die volgende drie maande gaan jy bevorder word of
’n nuwe werk kry.

So, jou werk moet vir jou ’n prioriteit wees, veral aangesien dit jou sal help om uit die skuld te kom.

Ek sien ook jy hunker na iemand in jou verlede, en dit onderskep die energie waarmee jy ’n nuwe maat kan lok.

Maar dié jaar behoort maat soek ook nie ’n prioriteit vir jou te wees nie, want dis jóú jaar. ’n Prins op ’n wit perd gaan ongelukkig nie eensklaps opdaag en jou “red” van jou probleme nie.

Dié hunkering na liefde maak ook dat jy ’n bietjie scatter­brained is en nie fokus op wat werklik belangrik is nie, soos jou werk en kinders.

As jy ’n maat soek, wat ek jou eintlik afraai, kan jy in die regterhoek van jou slaapkamer ’n hoek van vriendskap of liefde inrig deur twee kerse of ornamente daar te plaas, asof iemand by jou is.

Kontak Bruno só vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Rogge­baai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos aan albert@kaap seson.com, of slaan gerus psychicbruno.co.za na.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters