5 maande gelede
Haan kan sukses proe in Vark-jaar
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 9 November 1957 gebore.

My ma het gesterf in die jong ouderdom van 29. Ek het haar dus nie regtig geken nie.

Ek het God as my persoonlike Saligmaker aangeneem.

Ek was nog altyd goed vir ander mense en ek stel my kinders altyd eerste.

Ek is ’n enkelma en wil weet of ek nog ’n kans op geluk het.

Sal dit beter gaan met my finansies? Sal ek ook ’n werk kry?

Sal ek liefde vind? Is die man van my drome daar buite?

Sal geluk my adres vind? Want ek bly in ’n area waar misdaad hoogty vier.

Ek wil ook weet of ek sal verhuis. – Anoniem

Jy is onder die Westerse teken van die Boogskutter gebore en onder die Oosterse teken van die Haan.

Daar kan goeie nuus vir jou wees, want vanjaar begin die Chinese jaar van die Vark.

Maar daar lê ’n geheim in die jaar van die Vark.

Die Vark met sy mollige gevreetjie word in China as simbool van rykdom beskou.

Volgens die Chinese horoscope vir 2019 vervul die vrygewige Vark die Haan se diepste begeertes.

Hane het die geleentheid om vanjaar ongelooflike regstellings van situasies te beleef, wonde van die verlede te genees en beheer oor hulle eie lot te neem.

Daarom moet jy spring. Dit is ’n jaar van aksie – ook vir jou.

Jy kan nie net droom en hoop die werk kom na jou kant toe nie.

Jy moet daarvan werk maak. Gaan soek ’n job!

Stuur jy jou CV uit? Is jy in mense se gesigte sodat hulle jou en jou talente raaksien?

Maak jy seker werkgewers weet van jou? Jy moet woeker.

En jy moet jouself die groot vraag stel – wat doen jy om die pot aan die kook te hou terwyl jy vir die werk wag?

Gebruik jou talente.

Ek is so bly daar is nog mense soos jy wat in die Skepper glo.

Maar dis nie net van op God vertrou ten opsigte van werk nie. Jy moet ook jou kant bring.

As jy dít doen, sien ek weer ’n werk na jou kant toe kom.

Ek sien in die tweede helfte van die jaar die groot liefde van jou lewe aankom.

Ek voel jou ma aan – met baie liefde van haar kant af vir jou. Maar sy sê ook jy moet nou inspring en soek na die dinge wat jou toekom. Sterkte!

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of kyk by Bruno se site, psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters