2 maande gelede
Daar is perde in huis van dié ma
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 6 April 1966 gebore en my seun op 12 Desember 1990.

Ek is ’n enkelouer wat by ’n kettingwinkel in die dorp werk.

My seun het matriek, maar kry glad nie die regte werk nie.

Hy’t by die weermag en polisie aansoek gedoen, maar niemand het hom geantwoord nie.

Hy het ook by die kettingwinkel gewerk, maar toe verloor hy sy werk daar.

Hy is ’n drinker. Ek wil weet hoe hy daarmee gaan ophou.

Hy het ook ’n kind wat ek nog nooit gesien het nie.

Ek moes onlangs duisende rande aan ’n plek betaal waar ek nie skuld gehad het nie. En ek soek antwoorde.

Ek wil net weet of daar enige vloek of iets op my kind se lewe is. En is daar ’n toekoms vir hom?

As hy ’n regte werk kry, dan sal ek rustiger voel.

My finansies is deurmekaar. Anoniem

Jy is onder die Westerse teken van die Ram gebore en onder die Oosterse teken van die Vuurperd.

Jou seun is onder die teken van die Boogskutter en die Metaalperd gebore.

Dít maak die energie tussen julle baie deurmekaar. Vuur en metaal gaan maar nie lekker saam nie.

Die Ram en Vuurperd maak jou ongelukkig ook uiters hardkoppig en baie dominerend, want jou perd is een van die sterkste tekens.

Jou seun kan jou nie match nie. Ek sien omdat hy so magteloos voel, gryp hy na die bottel. Hy hou ook sy kop laag sodat hy nie die werk sien wat vir hom wag nie. Verslap jou leisels, want hy is ’n volwasse man.

Moenie heeltyd ma speel en hom soos ’n kind behandel nie, want dan sal hy nooit ontwikkel nie.

Wees eerder ’n vriend vir hom en streel sy ego oor sy goeie eienskappe, want net dan sal hy sy kop oplig.

As jy dít doen, sien ek hom so aan die einde van die jaar uit die dorp trek nadat ’n eks weer in sy lewe gekom het.

Hy gaan dan ook ’n werk kry en sterk op sy eie voete staan.

Wat jou finansies betref: Tans sien jy net die duisende rande wat jy verloor het en dit belemmer jou om sorgvuldig te werk met die geld wat jy wel verdien.

Skryf daai bedrag af, want jy gaan dit ongelukkig nooit terugkry nie.

Sit potte met kruie soos basil, roosmaryn en ment in jou kombuis om geld na jou te trek.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters