2 maande gelede
Daar is gedurig twis in ons huis
 ~ 

BESTE Bruno,

Ek het jou hulp dring­end nodig.

Ek is op 10 September 1959 gebore en my man op 1 Augustus 1965.

Ek het ’n dogter uit ’n vorige huwelik en ek en my man het twee seuns.

Net die jongste seun is nog in die huis.

My dogter se seun woon in die agterplaas. Sy pa het my dogter verkrag. Ek het hom grootgemaak.

My man, seuns en kleinkind werk vir een maatskappy.

Dit voel asof my hele lewe ’n gemors is. Dinge gaan goed, maar dan skielik is die duiwel los en almal baklei onder mekaar.

Ek soek net vrede, maar daar is altyd onmin in my huis­houding, en ons is so klein.

Asseblief, Bruno, wat moet ek doen en wat hou die toekoms vir ons as ’n gesin in? Anoniem

Jy is onder die tekens van die Maagd (Weste) en Vark (Ooste) gebore.

Jou man is onder die tekens van die Leeu (Weste) en Slang (Ooste) gebore.

Die goeie nuus is ál dié tekens verteenwoordig ’n till-death-do-us-part-ingesteldheid.

Julle is sterk saam. En die Vark sorg goed vir haar familie­, daarom ontstel enige konflik jou so baie.

Ek is ook so bly die lede van jou huishouding werk almal, want dit dui op sukses.

Omdat almal so saam werk en saam bly, voel ek dit veroorsaak dat julle onbewustelik op mekaar se tone trap.

Jy as versorger en moeder­figuur moet almal sagkens laat verstaan dat hulle mekaar meer ruimte moet gun.

Julle hoef nie ná werk almal op ’n knop te sit nie. En nee, dit beteken nie dat julle uit­mekaar moet spat nie.

Ek sien baie hegtheid onder julle. Jou huishouding sal altyd sterk staan en saamstaan.

Wat jy sê en wat jy dink, kan die spanning verlig, maar die spanning maak jou angstig en dan moet jy eerder ’n wag voor jou mond plaas.

Jy kan gelyke hoeveelhede growwe sout en komynsaad (cummin) meng en rustig teen die mure van jou woning gooi terwyl jy sag bid vir vrede.

Komyn trek vrede aan en sout reinig.

Jy kan ook gelyke hoeveel­hede allspice, nutmeg en kaneel by die voordeur strooi.

Dit laat almal oor die weg kom met mekaar, laat almal glimlag en laat niemand argumenteer nie.

  • Kontak Bruno vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters