2 maande gelede
Daai ‘groot wen’ net ’n pypdroom
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is volgens my ma op 21 Desember 1969 gebore, maar op 21 Maart 1970 opgegee.

Gevolglik gebruik ek laas­genoemde as my verjaardag.

Daarom weet ek nie watter ster ek moet volg nie.

Bruno, my hele lewe voel so op en af. Ek hou glad nie daarvan nie.

Ek het ook nog nooit iets gewen nie.

Sal ek eendag darem ook so gelukkig soos ander mense wees om iets groots te wen?

Ek wil my familie en vriende gelukkig maak as iets groots my tref. Anoniem

Jy is onder die Chinese teken van die Haan gebore. Maar jy is gebore op die oorgang tussen die Westerse teken van die Skerpioen en die Steenbok.

Ek kan net jou geboortedatum as verwysing gebruik en nie die opgeedatum nie. Dit kan jou ’n bietjie deurmekaar maak.

En dan is daar die ding van die oorgang (cusp).

Mense wat op ’n oorgang gebore is, is oor die algemeen baie meer gekompliseerd en sensitiewer.

In jou geval is die Skerpioen klaar baie sensitief.

Die Steenbok is ’n teken wat hard werk. Jy weet, soos daai bok wat teen die kranse uitklim.

Steenbokke is miskien ’n bietjie stadiger as die ander tekens.

Hulle moet mos op elke voetstap konsentreer sodat hulle nie van die berg afval nie.

Maar hulle kom uiteindelik by hul doelwitte uit.

Om eerlik te wees: Niks groots gaan jou binnekort tref nie.

Elke stappie tel. Dit sal eerder stadig gebeur. En die lewe werk ook nie in terme van groot wen of groot verloor nie.

Net ’n fraksie van die mense wen ooit iets groots.

Plekke soos casino’s en selfs ’n Lotto-tipe stelsel het goeters wat seker maak the house always wins. Hulle gee die skyn en hoop vir die “groot wen”, maar onthou: Hulle is altyd die grootste wenners.

Verlede jaar was vir jou tekens ’n baie slegte jaar. Die Jaar van die Hond was ook nie lekker nie (jou eie Hond byt die seerste). Maar ná Januarie is dit die Jaar van die Vark. Die Vark en die Haan kom baie goed oor die weg.

Dan sal daar ook ’n stadige maar bestendige groei wees wat finansies betref en en deure wat vir jou kan oopgaan.

Moet nooit jou hoop op stelsels plaas wat seker maak hulle wen nie. Dit werk nie so nie.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of e-pos albert@kaapseson. com, of gaan kyk aanlyn by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters