2 maande gelede
Bring jou innerlike leeu nou na vore
 ~ 

BESTE Bruno

Ek is op 24 Julie 1975 gebore.

Ek is nou al vier jaar sonder werk. Ek het my werk gelos omdat ek depressie het – dinge het net te veel geword.

Ek woon nou by ma, maar my broer jaag my teen die mure uit!

My CV word ingestuur na besighede, maar ek kry geen terugvoering nie.

Ek wil my ma graag finansieel help. Ek wil net weet wat die jaar vir my inhou. – Anoniem

Jy is op die koppeling (cusp) van die Westerse Kreef en die Leeu gebore.

En jy is onder die Oosterse teken van die Slang gebore.

Die Slang word as sleg beskou in die Weste, maar in die Ooste word dit die Mini-Draak genoem.

En die Draak is die luckiest teken in die Ooste.

Geluk is dus aan jou kant.

Jy moet jou innerlike Leeu na vore bring. Leeus is verskriklik sterk, en natuurlike leiers.

Maar hulle groot bates – hulle trots en ego – is ook hul grootste kwespunte. Hulle kan verskriklik vinnig seergemaak word, ten spyte van hulle innerlike sterkte.

En ek sien dat iets jou só seergemaak het dat jy in depressie verval het.

Ek sê altyd: Jy staan in die kombuisdeur, die kos wag binne, maar jy gaan nie in nie.

Jy moet uit daai deur kom.

En daarom moet jy daai depressie uit die weg probeer ruim. Of ten minste beheer, want dit maak dat jy in die deur staan en nie ingaan nie.

Jy moet behandeling kry.

Praat met jou dokter of gaan daghospitaal toe. Maar kry kundige hulp.

Op jou eie kan jy die volgende doen: Skryf alles neer wat vir jou sleg is – die mens of mense wat jou seergemaak het, alles.

Draai dan die papier om, steek dit aan die brand en spoel dit in die toilet af.

Skryf dan nog ’n brief aan God oor alles wat jy wil hê. Draai dan daai papier om, steek dit aan die brand en blaas die as in die wind in.

Mense wat aan depressie ly, voel ook afgesonder en nie in kontak met enige iets nie.

Om dit te oorbrug, moet jy met plante en die grond werk – al saai jy net ’n paar sade.

Maak dit elke dag met die hand nat. Nie net is dit terapeuties nie, maar dit anker jou ook.

Ek voel jy sal ná drie maande meer finansieel selfstandig wees en jou ma kan help. Die feit dat jy dit wíl doen, sê baie, want depressielyers is geneig om net na die “self” te kyk.

  • Bel Bruno gerus by 021 439 2154 vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling of skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Roggebaai 8012. Stuur ’n faks na 086 503 1993 of stuur ’n e-pos aan albert@ kaapseson.com, of kyk by psychicbruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters