8 maande gelede
Bloedmaan is ’n emosiemagneet
 ~ 

BESTE lesers

Dié week het ons letterlik ’n driekuns (trifecta) gehad wat die maan betref.

Die verskynsel Woensdagaand was ’n blue super blood moon.

Die psigiese uitwerking daarvan op die mens is ’n seldsame gebeurtenis, daarom wil ek dit mooi verduidelik.

Die laaste keer dat die omstandighede ideaal was vir so ’n gebeurtenis, was meer as 130 jaar gelede.

Daar is elke maand ’n volmaan, maar net af en toe is daar twee in dieselfde maand. Die tweede staan bekend as ’n bloumaan.

’n Supermaan ontstaan ­wanneer die aarde en son perfek opgelyn is.

’n Bloedmaan ontstaan vanweë ’n algehele maans­verduistering deur die son.

Nou, wat beteken dít alles?

Die maan is in die Huis van Leo, wat ’n baie sterk en trotse teken is en wat miskien so ’n bietjie kan oorvat.

Die maan stel ook die vroulike energie voor en die son die manlike.

In die ou dae was mense verskriklik bang vir ’n bloedmaan, want hulle het geglo oorloë en peste breek ge­durende dié verskynsel uit.

En dalk was hulle tog reg, want die maan beïnvloed ook ’n mens se emosies.

En gedurende ’n bloedmaan is die uitwerking daarvan éérs sterk op ’n mens se emosies.

Veral ’n mens se donker sy met die negatiewe emosies.

So, as jy dié week iets ­besonder negatiefs teenoor iemand gesê of aan hom of haar gedoen het, is die maan heelwaarskynlik die oorsaak.

Die maan se invloed begin al ’n hele paar dae voor die verskynsel ’n uitwerking op ’n mens hê en ’n paar dae daarna.

So, in dié tyd moet jy baie seker maak jou donker sy – en ons het almal een – kry nie die oorhand nie.

Dit kan jou en jou slagoffer baie skade berokken.

As dit moontlik is, probeer in dié tyd om konflik eerder heeltemal te vermy: Bly weg van diegene wat kort van draad is, en as jy self so is, plaas liewer ’n wag voor jou mond.

Wek positiewe gedagtes. Skryf ook neer alles wat jou woedend en hartseer maak.

Vou die stuk papier dan drie keer en brand dit voordat jy die as in die toilet afspoel.

En, ja, jy behoort beter te voel in die volgende week.

  • Kontak Bruno vir ’n persoonlike konsultasie teen betaling: Bel hom by 021 439 2154; skryf aan Bruno, Son op Sondag, Posbus 6262, Rogge­baai 8012; stuur ’n faks na 086 503 1993 of ’n e-pos aan albert@kaap seson.com. Jy kan hom ook besoek by psychic bruno.co.za.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters