Verlede maand
Weduwee skryf aan haar hubby
foto ter illustrasie  ~ 

Cynthia Arendse skryf per e-pos:

My man, dit is vandag, 21 Mei, presies 15 jaar dat jy ons verlaat het.

Nog steeds is jou plekkie leeg, my liefde.

Ons kinders het intussen ook elkeen vir hulle ’n lewensmaat gevind.

Daardie verlange diep binne-in my is steeds daar.

Wanneer ek na my suster en haar man kyk, na my broers met hul vroue, voel ek so ’n klein bietjie jaloers.

Dan wonder ek hoe ons saam oud sou geword het.

Ek verlang na jou en mis jou. Hierdie jaar sou ons 37 jaar getroud gewees het.

Altesaam 15 jaar is jy dood. Die mens wat jou so wreed vermoor het, het nog nie na vore gekom nie.

Jou dood het by ’n doodloopstraat gekom, maar ek, wat 22 jaar jou vrou was, sal jou dood nooit kan vergeet nie.

Dit is nou 15 jaar later. Dit voel nog net so seer.

As jy nog ’n siekbed gehad het, sou ek dit kon verstaan en aanvaar het.

Hoe vergeet ek dit? Dis swaar en bitter seer.

Ek is ook ’n mens met seer binne. Net God alleen dra daarvan kennis.

Dikwels mis ek jou so, dan wil ek skreeu van alleen dra aan dit binne wat wil uitkom: Verlange.

Ek mis die man wat ek liefgehad het.

Soms voel ek jaloers op twee mense wat mekaar liefhet.

Bemin

Dan vra ek: Hoekom? Hoekom moes ek my man op so ’n wrede manier aan die dood afstaan?

Ek was nog nie gereed om tot siens te sê nie.

Verstaan jy dit, my man, Fanie Arendse? Jy het my geken, bemin en liefgehad.

Nou is ek alleen; 15 jaar dat ek alleen ’n huwelik sonder jou dra, want daar is nie meer ’n huwelik nie.

Die dood het ons geskei. Ek bly verlang na jou! Baie liefde, jou vrou, Cynthia.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters