21 dae gelede
‘Wat ’n dilemma’ deur EM Dreyer
COVID-TYD: Die digter (84) skryf oor die dinge van 2020.  ~ WIKIMEDIA

JAAR twintig-twintig is ’n skrikkeljaar

En tot dusver was dit net ’n verskriklike jaar.

Dit het mooi begin met twenty-twenty is aplenty, Maar toe kom lockdown en los ons met nie ’n sent nie.

Die pandemie Covid-19 is op jou deur

En al wat jy moet doen, is om jou met kliniese skoonheid op te beur.

Dis werkloosheid en huisarres

Leerlinge word uit skole gehou met tuisskool-les.

Die aplenty is in die kospakkies en maskers,

Maar met die res van die ekonomie is soos uitgedroogte akkers.

Met ons gesondheidsorg en onderwys hardloop ons in kringe.

Daar word nie ’n struktuur tot slotsom gebringe.

Ja, tot stilstand is die mense gewis gebring

Om weer oor die kwaliteit en waarde van ons lewens te besin.

So, laat die geleerdes hul dink-caps opsit

Terwyl die nasie met die hulp van Bo hierdie Covid-19 tot ’n stop kan bid.

Intussen: Bly veilig,

Hou sosiale distansie en gebruik jou sanitasie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters