Verlede maand
Wat kos glasie rêrig die nasie?
Alkohol: Die helfte van die mense sê kinders onder 18 moet wettig kan drink. Foto: charles pullen  ~ 

Raadslid Mark RH Klein­schmidt van wyk 60 in Kaapstad skryf per e-pos:

Vlak 3 van die lockdown met sy gepaardgaande “verslapping” van regulasies word verwelkom, veral omdat die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hervat en ’n inkomste vir huishoudings genereer kan word.

Met die oog op die lockdown sorg die verkoop van drank vir lang rye by drankwinkels en ’n gejuig op sosiale-media-platforms.

Misbruik

Maar ons moenie die euwel van die dopstelsel vergeet nie. Tydens die apartheidsregime het dit plaaswerkers in slawe verander.

Tans is die misbruik van alkohol ’n groot uitdaging in die samelewing.

Dit dra by tot geslags­gebaseerde geweld, gesinsgeweld, kindermishandeling en interpersoonlike geweldsmisdade.

En so, terwyl ons ons glase lig om met ons guns­teling-drankie in die hand “cheers” te sê, onthou die verwoesting wat die misbruik van alkohol saai onder duisende families, die slagting wat deur dronkbestuur veroorsaak word en die trauma wat deur die drankie veroorsaak word.

Met hierdie week wat Kinderbeskermingsweek was, moet die samelewing let op die negatiewe gevolge wat die misbruik van alkohol op die gesinslewe het en sorg vir ons kinders – nie net hierdie week nie, maar 365 dae per jaar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters