14 dae gelede
Waar maak society ’n U-turn?
SKOBBEJAKKE: Die leser is bly Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Eben van Niekerk en Nashville Julius mang.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

Rdl. Mark RH Klein­schmidt van wyk 60, Kenwyn, skryf:

Ek het gemengde gevoelens oor die veroordeling van hierdie moordenaars (hulle slagoffers se naam is tussen hakies): Jason Rohde (sy vrou, Susan); Mortimer Saunders (Courtney Pieters); Vernon Witbooi, Geral­do Parsons en Eben van Niekerk (Hannah Cornelius).

In elke geval is die slagoffer geweld­dadig vermoor.

Terwyl ons die gereg en reg loof vir hulle goeie werk, rou ons saam met almal vir wie die slagoffers dierbaar was.

Die veldtog 16 Dae van Geen Geweldpleging teen Vroue en Kinders is om die draai (24 November tot 10 Desember). Vir ons same­lewing behoort dit eintlik ’n voort­durende veldtog te wees.

Hoewel die oortreders van geslagsverwante geweldpleging en die genoemde moordenaars swaar strawwe opgelê sal word, wonder ’n mens of dit genoeg is om gewelddadige mense enigsins af te skrik.

Ons samelewing behoort ’n groter bewustheid te kweek vir die geweldpleging teen weerlose vroue en kinders. Die samelewing moet ook wonder: Wat sal ’n doeltreffende afskrikmiddel wees – iets wat gewelddadige mans twee keer sal laat dink?

Dit begin by my en jou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters