5 maande gelede
Vrede bring nuwe geleenthede
DAAR’S HOOP: Die Ambassadeurs vir Vrede vergader.FOTO VERSKAF  ~ 

Mark Kleinschmidt, ’n raadslid van Kenwyn, skryf:

Die gradeplegtigheid van die 160 Ambassadeurs vir Vrede van die hoërskole Groenvlei, Crystal, Mountview en inwoners van Hanover Park is onlangs gehou.

Dit was inderdaad ’n hoogtepunt en ’n vars gebeurtenis so tussendeur politieke partye se mededinging om aandag in die media te trek voor die verkiesing.

Prof. Brian Williams, wat spesialiseer daarin om vrede te bewerkstellig en ’n inwoner van Kensington is, het die program Ambassadeurs vir Vrede begin. Hy het dit gedoen in vennootskap met die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse regering, die raadslid vir Hanover Park, adv. Antonio van der Rheede, die plaaslike Katolieke Kerk, geloofsorganisasies en die drie hoërskole.

Williams het strategieë vir vrede in Afrika en hot spots elders in die wêreld geïmplementeer. Ambassadeurs vir Vrede is die eerste inisiatief in sy soort in Suid-Afrika.

Die inwoners van Hanover Park word daardeur betrek om hulle vir vrede te beywer, en welslae is reeds behaal, soos minder dwelm- en bendeverwante sterftes.

Alle wetsgehoorsame inwoners in dié beleërde gebied verwelkom die Ambassadeurs vir Vrede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters