6 maande gelede
Visserman vang net plastiek
vullis: Die skrywer worry oor al die plastiek en gemors in die see.foto VERSKAF  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf per e-pos:

Hierdie is ’n ope brief wat in elke koerant gepubliseer kan word.

Dis ook ’n ope brief aan alle mense wat lief is vir enige tipe seekos en aan diegene wat verslaaf is aan die kuns van visvang, van die kus of van ’n skuit.

Ook is dit gemik op enige besigheid wat ’n bestaan maak uit seekos, veral vis.

Ek het onlangs by Strandfontein gaan hengel en my lyn talle kere ingegooi, natuurlik in die hoop om ’n vis te vang.

Ná ’n ruk van geen geluk nie besluit ek toe om my lyn vir oulaas in te gooi. Dalk bring my laaste gooi geluk.

Ná sowat 20 minute voel ek iets aan my lyn en begin toe vinnig inkatrol.

Ek doen dit eintlik glimlaggend, bly dat ek uiteindelik met ’n vis geseën is.

Tot my skok sien ek toe ek het eintlik ’n plastieksak “gevang”. Ek wonder toe of ons as mense besef hoe ons die seelewe verwoes deur te ignoreer of net nie om te gee of, nog erger, eenvoudig stil te bly oor wat met ons oseane gebeur.

Gaan ons – wanneer dit geheel en al te laat is – ons stem in die parlement laat hoor sodat die politici wette kan skep en afdwing wat die oseane sal beskerm?

Sal ons daarop aandring dat politici verseker hulle het maatreëls, hulpbronne en begrotings beskikbaar om skoon, gesonde oseane te onderhou sodat ons nog vir baie jare onse vis en tjips kan geniet?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters