Verlede maand
Verkragters verdien veragting
gatvol: Die briefskrywer stel voor dat alle ordentlike mans die mishandeling van vroue en kinders moet veroordeel.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

Raadslid Mark Kleinschmidt van Kenwyn skryf:

Ek het onlangs saam met lede van die DA se Vrouenetwerk buite die Wynberg-landdroshof betoog.

Ons het geëis daar moenie aan Wazier Jumah, wat na bewering ’n 13-jarige meisie van Kewtown verkrag het, borgtog toegestaan word nie.

Die stomme kind sal die letsels van dié gewelddadige skending van haar regte vir altyd dra.

Onthou, dit is nog Vrouemaand. Mans moet dit dus as ’n geleentheid beskou om die onophoudelike en gruwelike mishandeling van vroue en kinders ten sterkste te veroordeel.

Statistieke toon dat ’n vrou elke 26 sekondes verkrag word.

Ons het ook by die hof ’n memorandum aan die polisie se nuwe ombudsman, genl.maj. Johan Brandt, oorhandig. Daarmee, en met ons betoging, het ons gesê ons is woedend vir die verkragters onder ons, en dat ons die gespuis verag.

Ons mans is in ’n mate almal aanspreeklik vir die geslagsmisdade van die skuim onder ons.

Genoeg is genoeg!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters