5 maande gelede
Verdelende partye het g’n kans
Julius Malema Foto: Deon Ferreira  ~ 

Francois Greyling skryf:

Ek lees wat almal oor die hedendaagse politiek hier sê, en elke persoon het die reg tot ’n opinie.

Ek vind dit net tragies dat almal wat voorheen gevra het ons moet saamstaan, nou die ideologie bevorder dat ons verdeeld moet wees.

Malema sê ons moet swart mense eerste stel, die VF sê ons moet wit Afrikaners eerste stel. Die ANC sê ons moet swart mense bevorder.

Ag, en so aan en so aan. Die enigste mense wat planne het om almal te bevorder, word heeldag aangeval – al is dit die enigste party wat bewys het dat hy kan regeer en almal daarby laat baat vind.

Die DA is ’n bedreiging vir die partye hierbo aangesien die DA baie mooi en deeglik bewys het hy kan vir almal ’n beter lewe help maak.

Dis feite, nie opinie nie. Wanneer die meerderheid mense nes in die Wes-Kaap dit agterkom en die rassistiese narratief verlaat, sal daardie partye saggies verdwyn, want mense is gatvol vir rassisme.

Vra jouself net een ding elke keer as ’n party praat oor minderheids- en meerderheidsregte, of dié ras se reg of dáái geloof se reg of watter verdelende wat ook al: Waarom bied daai party nie gelykheid, vrede, samewerking vir ’n gesamentlike toekoms en bewyse van goeie regering aan nie?

Dan maak jy jou mind op oor vir wie ons moet stem nadat jy in jou kind se oë gekyk en gesien het die verdeeldheid-ideologie gaan haar niks baat nadat jy jou kop neergelê het nie.

Dis tyd om saam te staan vir een SA vir almal. Die DA is die antwoord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters