12 dae gelede
Veels geluk, Metho Squirrels!
Damian WillemseFoto: GALLO IMAGES  ~ 

Oud-skoolouer skryf:

Baie geluk aan die Metodiste Primêre Skool in Somerset-Wes met die sukses van Damian Willemse, sy eerste Springbok.

Die skool, beter bekend as die Metho Squirrels, het al talle provin­siale spelers opgelewer.

Om te dink die skool het geen sportgeriewe nie en het nogtans die onmoontlike reggekry.

Ek wil graag die afrigters van die skool (mans en vroue) bedank vir wat hulle vermag het met hulle deursettingsvermoë om die leerders sport te gee. Nie alles was maanskyn en rose nie.

In 2012 was my seun ’n lid van die o. 13-span wat gekies is om aan die Weskus te gaan toer. Die toer is geborg en hulle sou by Club Mykonos bly. Die toer is deur die skoolhoof en die beheerraad afgekeur weens sekere klein tegniese redes. Die voorsitter van die beheerraad was Victor Isaacs, die huidige DA-stadsraadlid vir Macassar.

Die mense van Macassar moet hulle oë oopmaak.

Ons het briewe na die oos-metropool van die Wes-Kaapse onderwysdepartement gerig, maar hulle het bankvas agter Isaacs en genote gestaan. My seun kon nie daardie teleurstelling verwerk nie. Die les wat mense moet leer, is you can’t keep a good team down.

Baie dankie aan die afrigters en onderwysers wat nie toegelaat het dat negatiewe forces hulle van stryd bring nie. Dié wat die kinders se harte gebreek het in 2012 – you will be judged by history. Viva, die rugbyafrigters van die Metho Squrrels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters