2 maande gelede
Straf dronk bestuurders só
saai verwoesting: Die skrywer meen mense wat dronk bestuur, moet boet. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf:

Dié is ’n ope brief aan die mismoedige minister van vervoer, LUR’e vir vervoer, verkeershoofde, metropolisiehoofde, beamptes van die departement van justisie en veral aan wetsgehoorsame bestuurders op ons paaie, asook aan voetgangers.

Ek het op nasionale televisie gesien hoe verkeersafdelings kla dat ondanks pro-aktiewe pogings en strategieë, daar ’n toename in dronkbestuur blyk te wees.

Ek stel aan beamptes voor wat deal met mense wat dood saai deur te drink en bestuur, dat die wette dadelik gewysig word.

Dronk bestuurders moet, sodra hulle skuldig bevind word, ’n paar jaar effektiewe huisarres opgelê en hulle rybewys moet lewenslank gekanselleer word.

As die huisarres-vonnis oortree word, moet tronkstraf vir sê maar ’n week volg en dan begin die huisarres van vooraf.

Dié vonnis sal belastingbetalers die koste van tronkstraf bespaar. Deur ’n dronk ryer tuis te hou, sal dit ander afskrik sodat hulle nie in dieselfde strik trap nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters