14 dae gelede
Stank vir dank ná marteling
SAT: ’n Leser kla oor onnies se min vakansiedae.Foto ter illustrasie:TEACHERTOOLKIT.CO.UK  ~ 

Vakansiedae ’n Grap van die Wes-Kaap skryf:

Leerders mishandel en rand ons aan. Sommige word selfs vermoor.

Die onderwysdepartement ver­neder ons nou ook met ’n verkorte vakansie. Om dit uiteen te sit: Dis 12 werksdae (sonder die vakansie en naweek). Hoe skakel jy af binne 12 dae ná ’n jaar van marteling?

Ek wil weet: Watter kind kom skool toe ná sy of haar eind-eksamen?

My kind het haar eksamenrooster gekry. Sy gaan byna 40 dae tuis wees nadat sy haar laaste vak geskryf het.

Skole kan niks doen aan leerders wat tuisbly nie. As kinders moet kies tussen ’n lewensoriënteringsprogram en tuisbly, gaan hulle tuisbly.

Dis nie hoërskoolleerders wat tuisbly nie. Dis laerskoolleerders.

Om sake te vererger is die onbeskofte leerders skool toe om opvoeders se lewe hel te maak. En dan moet opvoeders dié leerders beskerm as gangsters hulle wil aanrand.

Gaan die Wes-Kaapse onderwysdepartement nou die hoofde aankla as die leerders tuisbly?

Eksamens moet vroeg klaarmaak. Daar is iets soos finale promosie en progressie. Dis wanneer amptenare van distrikskantore skole toe gaan en opvoeders se bylae afteken. Dan is alles verby.

Dié proses vind plaas van 1 tot 5 Desember. Hoekom moet die skole dus op 12 en 14 Desember sluit? Soos ek voel, kan hulle die 12 dae hou en dan hou ons maar heeljaar skool.

Aan die ander kant hoop ek onderwysers dink weer voordat hulle volgende jaar stem. Nie die DA of ANC gee om vir ons nie. Dink weer. Dié land kort ’n regime-verandering.

Laastens: Hoekom is Cosatu so stil as hy hom kastig daarop beroep dat hy die vegter vir die werkersklas is?

O ja, ons sien hom weer vir die verkiesings waar hy weer die ANC se verkiesingspeelding gaan wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters