2 jaar gelede
‘Skeppend’ – ’n gedig deur Jeff Lakey
skeppende penne: Jeff Lakey van Robertson by Salmon Smith, oor wie hy ’n gedig geskryf het.foto verskaf  ~ 

Salmon Smith alias Oom Sonnie van Son op Sondag-koerant

’t verbeelding spoedig aangegryp

van lesers dwarsoor reënboogland

kort- & vervolgverhale die lig laat sien

via Henry se selfmoord & Lucien van Wyk

Takuza die Katvrou & Jeppo die Laksman

gevare uitgespel van misdaad en dwelmgebruik

in rubrieke Kyk’ie Hoor’ie & Moerig die Uwe

met artikels menings voorligting getref

as kampvegter teen afbrekende euwels

agtergeblewe gemeenskappe bereik opgehef

plat op die grond eenvoudig gering

slag getoon in radio- & televisie-uitsending

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters