Verlede maand
Regulasies oor dop en entjies sinloos
Regulasies oor dop en entjies sinloos
Regulasies oor dop en entjies sinloos  ~ verskaf

Vryheidsvegter van Athlone skryf per e-pos:

Soms wonder ek of die government altyd weet wat hy doen.

Soos ek voorheen gesê het: Ek is nie ’n roker of ’n drinker nie, maar seriously, die government maak nou drankplekke oop, maar om sigarette te koop, is stééds illegal.

Ek verstaan dat rook ’n gesondheidsrisiko is, maar drank is ook.

Iemand wat nou gou ’n sigaret of twee gerook het, sal nie sommer aggressief raak en gaan skoor soek of huismoles maak nie.

Maar baie kere raak mense aggressief ná ’n paar drankies en baie kere moet die mense naaste aan hulle dan deurloop.

En dit terwyl die black market steeds floreer met illegal sigarette en die regering steeds miljoene aan belasting verloor as gevolg daarvan.

En omdat drankwinkels net ’n sekere tyd oop is, gaan mense die drankwinkels mos behoorlik oorval om genoeg drank te kry.

Wat gebeur nou met die noodsaaklikheid vir social distancing?

Dit is baie ver van die dorstiges se mind, want ál waaraan hulle tans kan dink, is die wyn.

Hulle kan nie eens dink hulle moet weg van mekaar staan nie.

En om vir mense te sê hulle moenie “panic buy” nie, is nét so goed jy sê vir hulle: “Shop till you drop!”

Brand

Ons almal weet mos nou al die meeste van Suid-Afrika se mense doen altyd die teenoorgestelde van wat hulle gevra word om te doen.

So, waar brand dit?

Die regering moet regtig­waar­ ernstig nadink voordat hy sinlose regulasies uitdink en deurvoer.

Ons belewe tans abnor­male tye en moet baie versigtig wees wát ons doen en hóé ons dit doen.

Nie net is mense se lewe op die spel nie, ons ekonomie, wat besig is om in duie te stort is, is óók ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters