Verlede maand
Regering versterk net die swartmark
Fake entjies wor nou op die swartmark verkoop.  ~ Verskaf

Vryheidsvegter van Ath­­lone skryf per e-pos:

As ek so kyk na die syfers van mense wat die corona-virus het, wonder ek of die lockdown wel werk.

Die getalle mense wat die virus opdoen, styg daagliks.

So, watter doel dien die lockdown nog, anders as om die ekonomie te verswak?!

Waarom nie dan die lockdown lig en laat die mense gaan werk en alle besighede open nie?

Laat sekere maatreëls net nog geld, soos onder meer voortgesette social distancing, die dra van maskers, ’n aandklokreël en die verbod op byeenkomste waar daar te veel mense is.

Al is ek nie ’n roker of drinker nie, wil ek net byvoeg dat, terwyl die regering miljarde aan belasting verloor weens die verbod op die verkoop van sigarette en alkohol, die onwettige verkopers van dié produkte ál die pad bank toe lag.

Hulle betaal nie belasting nie, en baie van hulle vra tot oor R200 vir ’n pakkie sigarette en tot R20 vir ’n losse sigaret.

Dit is mos ’n skaamtelose uitbuiting van mense se addiction en swakheid.

Dan praat ons nie eens van die snaakse en gevaarlike brousels wat verkoop word nie!

So, wat die regering eintlik nou doen, is om die black market sterk te maak terwyl hy self miljarde verloor.

Die lockdown hou ook nie almal in hul huise nie. Sien, as jy in ’n groot huis met ’n groot erf of met ’n mooi tuin bly, kan jy lekker tuis bly.

Wat as jy in ’n klein hophuis of ’n shack bly, saam met ’n klomp mense en daar is absoluut niks om te eet nie?

As die hongerpyne eers begin knaag, gaan lockdown jou dán help? Ek dink stellig nie so nie.

Dis tyd dat die regering sy strategie verander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters