21 dae gelede
Regering moet almal beveilig
Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa.  ~ GCIS

Vryheidsvegter van Ath­lone skryf per e-pos:

As ’n mens na die nuus kyk of die koerante lees, omklem ’n koue hand jou hart. Die voorspellings van die “kundiges” en ook die minister van gesondheid help nie veel om ’n mens op te beur nie. Dis voorwaar ’n donker prentjie.

Maar ons moet probeer moed hou en aanhou bid.

Die vyand wil hê ons moet panic en nie meer bid nie.

God is groter as hierdie virus. Ons moet egter ook ons deel doen en hou by die reëls en regulasies.

Die regering het egter ook ’n plig om sy landsburgers veilig en gesond te hou.

Daarom voel ek steeds die regering moes nie wynverkope weer legal gemaak het nie, want op die heel eerste dag dat wyn weer verkoop is, ry ’n dronk bestuurder ’n 24-jarige biker morsdood; trek sy lyk op ’n veldjie en ry weg.

’n Dronk vragmotorbestuurder jaag in ’n klomp mense in, met tragiese gevolge, om maar net ’n paar dinge te noem wat drank veroorsaak het.

Ons bereik vinnig die peak van die virus en die hospitale is oorvol en onderbeman; nou moet hulle nog sukkel met gewelddadige gevalle as gevolg van drankmisbruik ook.

Waarom dan nie liewers sigarette legal maak nie?

Suid-Afrika is een van die min lande wat die verkoop van sigarette onder lockdown verbied het.

Saans

En hoekom het hulle die aandklokreël opgehef?

Sou dit nie beter en veiliger wees as minder mense saans op die pad is so tussen 20:00 en 05:00 nie? Behalwe natuurlik mense wat daardie tyd van die aand moet werk.

Miskien is dit tyd dat die regering terugkeer na die drawing board en doen wat die beste is vir almal – ook die ekonomie van die land.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters