14 dae gelede
Rassie pootjie Embrose
EMBROSE PAPIERFoto: GETTY IMAGES  ~ 

Norman Evertson van Montagu skryf:

Hierdie gedurige onsekerheid oor die beskikbaarheid van Springbokke wat oorsee hulle heil gaan soek het, irriteer my tot in my kleintoontjie.

Dan moet spelers soos Embrose Papier terugstaan as die uitverkorenes wat hul brood alkant gebotter wil hê, die dag weer beskikbaar is.

Selfs al is hulle nie beskikbaar nie, word Papier net vir enkele minute toegelaat om te speel.

Ek is net mooi keelvol van Rassie Erasmus, Bokbreier, se banggatgeid om Papier ’n wedstryd te laat begin.

Hoe de hel gaan dié speler vertroue kry en op die internasionale front groei as hy gedurig met krummels tevrede moet wees?

Jonny Wilkinson het as 18-jarige vir Engeland begin speel en kyk watter invloedryke speler het hy nie geraak nie! Waarom kan Rassie nie ook ’n slag waagmoed aan die dag lê en Embrose ’n fair kans gee om sy talent ten toon te stel nie?

Dis so duidelik soos daglig hy het geen vertroue in Papier se vermoëns nie. Ek kry die gevoel dat Papier net daar in die span is om Rassie se transformasiedoelwitte te laat goed lyk. Ek ruik ’n rot!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters