2 maande gelede
‘Prioritiseer grondhervorming’
mmusi maimane Foto: deon ferreira  ~ 

Besorg van Port Elizabeth skryf:

Die grondwetlike toesigkomitee vir grondhervorming hou hierdie week, beginnende môre, 23 Julie in Mthatha, sittings oor grondhervorming in die Oos-Kaap en daar kan verwag word dat die vonke behoorlik sal spat.

Daar kan nie gestry word teen die feit dat grondhervorming wel moet plaasvind nie, maar wanneer dit gebeur, glo ek die Demokratiese Alliansie (DA) en sy leier, Mmusi Maimane, se benadering is die enigste werkbare alternatief.

Die DA ondersteun die reg van Suid-Afrikaners om self hul grond en eiendom te besit.

Die ANC/EFF-voorstel sal tot gevolg hê dat alle eiendom en grond deur die regering besit word en landsburgers sal hulle huise en grond lewenslank by die staat moet huur.

Suid-Afrikaners gaan gebuk onder ’n geskiedenis waar swart mense daarvan weerhou is om grond te besit.

Dit is nie nodig om die Grondwet te verander om hierdie saak reg te stel nie.

Grondhervorming moet ’n prio­riteit in die begroting wees.

Gemeenskaplike grond moet oorgedra word aan diegene wat daarop woon, en geskikte grond in staatsbesit moet verdeel word.

Grondbesitters wat wil boer, moet die ondersteuning ontvang wat hulle gaan nodig hê om suksesvol te kan wees.

Dit kan gedoen word deur die oordrag van vaardighede en deur toegang te verskaf tot die hulpmiddels en markte waar hulle hul produkte kan verkoop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters