2 maande gelede
Prez moet loop en explain
NOOD: Die leser sê die prez moet explain hoekom daar nie geld is om huise te bou en misdaad te bestry nie. Foto: SON  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf per e-pos:

Kan nie help om te wonder waar pres. Cyril Ramaphosa is terwyl die land so brand nie.

Dwarsdeur die land is daar violent protests en die skade beloop seker al miljarde.

Onskuldige mense en hul eiendom loop gereeld deur – wat ek dink verkeerd is, want die mense het hard gewerk om te kom waar hulle is.

Hierdie onskuldige mense kan mos nie verantwoordelik gehou word vir al die regering se tekortkominge nie.

Aan die begin het pres. Rama­phosa gereeld saam met die mense geloop. Hoekom kan hy nie nou na die betogers toe loop en met hulle praat nie?

Miskien moet hy tyd maak en aan die betogers explain daar is te veel name – soos dié van verskeie groot lughawens in die land – wat verander moet word. So, daar is nou nie meer geld oor om huise te bou, misdaad behoorlik vas te vat of vir ons land se broodnodige infrastruktuur nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters