4 maande gelede
‘Politieke ellende lê nou voor’
Onthou: Die leser sê kiesers moenie volgende jaar in die stembus vergeet watter politieke partye ons geminag het nie.Foto: Wikipedia  ~ 

Keith Alfred Adolph Blake van Ottery skryf:

Suid-Afrikaners, teen dié tyd is julle seker darem al vertroud met die eenvoudige wetenskap van politiek.

Ek en julle is slagoffers van misdadigers en armoede en as ons nou nog nie weet wie ons uitbuiters is nie, is ons bloot polities blind daarvoor.

Ek voeg nóg ’n maatskaplike euwel in dié land by en stel dit so: Ek bid dat ek in die afsienbare toekoms nie so siek word dat ek ’n pasiënt van ons sogenaamde gesondheidstelsel word nie.

Dat lede van dieselfde politieke partye mekaar openlik kritiseer, met hofgedinge dreig en actually voor die hof sleep, is ’n aanduiding van die politieke ellende wat vir ons voorlê.

Dit dui daarop dat dié politici hulle beywer bloot vir persoonlike gewin en die kiesers en ons behoeftes minag.

Ons het hulle met ons stemme in poste aangestel, maar pleks daarvan dat hulle ons kragtens die Grondwet dien, veg hulle om hul politieke trôe.

Hopelik ly ons nie volgende jaar in die stembus aan geheueverlies oor die weinige welslae van dié partye nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters