3 maande gelede
Polisie is te min in Wes-Kaap
March: Bonginkosi Madikizela, Mmusi Maimane en ander DA-lede vat die pad op Klipfonteinweg vanaf Manenberg.Foto: TWITTER  ~ 

Rdl. Mark RH Klein­schmidt van wyk 60 skryf:

Ek was woedend toe ek verneem watter verskriklike trauma kinders op die Kaapse Vlakte verduur.

Dit is gruwelik dat kinders geleer moet word om dekking te slaan en op die vloer te lê wanneer die skote begin klap.

Die kinders het aan die sentrale regering geskryf, want die verspreiding van polisiebeamptes en polisiëring is sy verantwoordelikhede.

Daar is duidelik te min polisie­beamptes in die Wes-Kaap. Die deursneeverhouding van beamptes tot inwoners in die townships is 1:628.

Die leier van die DA, Mmusi Maimane, het onlangs ’n optog gelei van Manenberg deur Guguletu tot in Nyanga, wat die Wes-Kaap se murder capital is.

Hy’t die nasionale polisieminister, Bheki Cele, versoek om die army te ontbied sodat dié sy polisiebeamptes kan help. Sy pleidooi is geïgnoreer.

Solank dit wemel van bendes, kan kinders nie ’n normale lewe lei nie.

Wanneer hulle uitgaan, is daar altyd ’n groot kans dat dwaalkoeëls van vegtende bendelede hulle enige oomblik kan tref.

Luidens die media is meer as 60 kinders tot dusver dood in bendeverwante geweldpleging.

Geagte min. Cele, steur jou aan die noodkrete van ons kinders. Ontplooi die army nóú om nóg sterftes te beperk.

Ons gemeenskappe is gatvol!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters