3 maande gelede
Ouers moet hul kids beskerm
POLISIE: Die leser meen die regering kan ons kinders nie beskerm nie. Foto: WIKIPEDIA  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf:

Ouers is elke oomblik die beskermers van hul kinders se veiligheid en sekuriteit. Of liewer, hulle móét wees.

Jy kan nie verwag die regering moet jou kids beskerm nie. Nee, dis ’n pa, ma of voog se verantwoordelikheid.

Ouers moet in alle aspekte van hul kinders se lewe seker maak van hul veiligheid, ongeag waar jou kids is.

Met jou raad en die maatreëls wat jy instel, kan jy hulle beveilig. Dis jou verantwoordelikheid.

Al verantwoordelikheid wat die regering het, is om ’n veilige omgewing te probeer skep buite die bereik van jou huis, arms en oë.

Die regering kan seker maak die amptenare in sy departemente is gekwalifiseer en passievol om kinders te help wanneer gevaar of misdaad dreig of waar sorg nodig is.

Die regering moet die strawwe vir barbaarse oortredings teen kinders swaarder maak.

Ja, in dié geval is julle, die ouers, die hoofbeskermers van jul kinders en hul veiligheid, en nie ander mense nie.

Oor dié ernstige saak wil ek sê: “As daar ’n gat – hoe klein ook al – in jou kinders se veiligheidsnet is, herstel dit of vervang daai net!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters