21 dae gelede
Maak tog nie saak wie eerste in die land was
harmonie: Die leser sê God het Suid-Afrika nie vir net ’n sekere groep beskik nie.Foto: fmybroadband.co.za  ~ 

Vryheidsvegter van Athlone skryf:

Al die klaery en stryery oor wie eerste in Suid-Afrika was, is so onnodig.

As jy in Suid-Afrika gebore is, is jy mos ’n Suid-Afrikaner, of is ek verkeerd?

’n Mens se ras of kultuur het niks daarmee te doen dat jy in Suid-Afrika gebore is nie.

Ek glo ek is reg. Waaroor dus ál die bohaai? Kan ons nie almal net ’n slag saamstaan en die land se probleme as ’n eenheid probeer oplos nie?

Eerder dít as om heeldag met mekaar te wedywer.

God het dié land nie beskik vir net ’n sekere groep nie; dit is tog ons almal s’n.

Kom ons staan liewer almal saam en maak van Suid-Afrika ’n beter plek vir ál sy inwoners.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters