5 maande gelede
Laitie styg uit ondanks alles
Slim: Richard Juries, maatskaplikedienste-praktisyn, Angelo Williams en Levona­ Powell, bestuurder van die Stad se informele nedersettings.  ~ Verskaf

Raadslid Mark R.H. Klein­schmidt van wyk 60 in Kaapstad skryf:

Die gr. 6-leerder Angelo Williams (12) van Flamingo Heights, ’n informele nedersetting in Lansdowne, het ses onderskeidings behaal en het laas jaar eerste in sy klas gestaan.

Angelo is ’n leerder by die Athwood Primêre Skool in Hanover Park.

Angelo se ouers is ekstaties trots op hulle seun se akademiese vermoëns.

Hulle seun aanvaar die lof van omstanders met die uiterste nederigheid en hy kan nie verstaan waaroor die fuss en verering alles gaan nie.

Sy ouers is daarvan oortuig God verander enige “mess” in ’n “message” – selfs al kom hulle uit ’n nederige en eenvoudige huis met moeilike omstandighede.

Hulle het hulle laitie Angelo genoem – wat afgelei is van “engel” – en hulle glo opreg dat hy God se engel in hulle lewe is.

Hoewel Angelo nog nie besluit het watter loopbaan hy eendag wil volg nie, is sy grootste wens om sy gesin te bevry van hulle huidige armoedige omstandighede na ’n lewe van vreugde, geluk en gemak.

As raadslid van wyk 60 en self ’n voormalige skoolhoof, het ek my woord gegee om Angelo met sy opvoedkundige behoeftes by te staan, naamlik in die vorm van skryfbehoeftes (deur wyk 60 se skryfbehoefteveldtog vir verdienstelike leerders), asook handboeke en sy uniform.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters