3 maande gelede
Koerantverkopers word ingeloop
op haar pos: Genevé Solomans (38) verkoop haar koerante in onder meer Bellville se strate.Foto: DANIELLE DANIËLS/DIE BURGER  ~ 

John C. Abrahams skryf:

Liewe redakteur,

Graag wil ek ’n kwellende saak onder u aandag bring.

Dit handel oor die lot van die koerantverkopers op straat!

Hulle kry ’n skrale 50c per eksemplaar, dít terwyl die prys van Son en Son op Sondag weer verhoog is!

Ek weet dat julle verspreiders gebruik wat dié straatverkopers individueel in diens neem.

Ek glo vas dat spesifieke riglyne aan hulle gestel moet word oor die minimum betaling vir dié straat­verkopers!

Dié verspreiders is soos die privatiseringsbeleid wat nou oral toegepas word: Beslis tot nadeel van die massas!

Ek vertrou dat my skrywe u onmiddellike en dringende aandag sal verdien en kry!

Baie dankie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters