3 maande gelede
Ken hands on deck prosedure?
In ligte laaie: Die leser wonder of personeellede van die spoorvervoerowerheid en hulpdienste opgelei is spesifiek om brande op treine te kan bestry. Foto: FACEBOOK  ~ 

Keith Blake van Ottery skryf:

Die berigte in die media oor al die Metrorail-treine wat so gebrand word, herinner my aan die dae toe ek in die polisie was.

Ek was eenkeer op die toneel van ’n verwoestende brand in ’n treinwa. Nie net bedreig die vlamme ’n mens se lewe nie; die elektriese bedrading kan ook noodlottig wees.

Ek wil by Metrorail, sy sekuriteitsafdeling, Prasa, die provinsiale LUR van vervoer en die polisie weet: Is jul personeel deeglik opgelei om brande op treine te bestry?

Daar is duidelike instruksies vir elke drywer en drywersassistent van ’n padvervoervoertuig oor hoe om ’n brand van die bepaalde vrag hazardous materials (hazmat) op die voertuig te bestry.

Is veral personeellede wat op die toneel sal wees – sekuriteitsbeamptes en die drywer, en later die polisie – opgelei spesifiek om ’n brand op ’n trein te bestry?

Is daar op elke trein brandbestrydingstoerusting, instruksies vir hazmat-brand­bestryding en die besonderhede van wie ook al gekontak moet word indien ’n brand sou uitbreek?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters