3 maande gelede
Huldeblyk aan goeie opvoeder
VERLIES: Phaldie Tregonning (links), die hoof van die Hoërskool Windsor, en die briefskrywer, rdl. Mark Kleinschmidt.Foto: People’s Post  ~ 

Raadslid Mark Klein­schmidt van wyk 60, Kaapstad, skryf:

Die onderriggemeenskap en wyk 60 betreur die skielike heengaan van Phaldie Tregonning, die hoof van die Hoërskool Windsor in Lansdowne.

Tregonning, wat verlede jaar aangestel is, is oorlede ná ’n massiewe hart­aanval.

Ek het hom ervaar as ’n innoverende, energieke opvoeder wat voor kon vat.

Ek het Tregonning in Mitchells Plain ontmoet, en was in my skik met sy aanstelling by die Hoërskool Windsor.

Hy was verbind tot holistiese opvoeding en kon spog met ’n slaag­syfer van 100% vir sy 2017-matrieks.

Tregonning was ook besig om die skoolgeboue op te knap. Die meeste daarvan is al oorgeverf.

Sy ontydige heengaan is ’n groot verlies vir die onderwysstelsel en hy sal baie gemis word.

Sy janaza is verlede Vrydag by sy huis in Strandfontein gehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters