2 maande gelede
‘Heimwee’ ~ Jasmine Uys
TOE: Die digteres bekla die lot van Madiba se Reënboognasie. Foto: biznews.com  ~ 

TERWYL ek oor die see kyk,

wil my hartseer net nie wyk,

in my is ’n pyn,

wat net nie wil verdwyn.

Ek dink aan ons land

hier aan die suidekant,

so lieflik en mooi,

so sierlik getooi.

Ons land is so spesiaal,

so vol potensiaal,

maar oor die Reënboogvolk

hang ’n donker wolk;

Korrupsie gedy,

misdaad vier hoogty,

rassisme lag breed en

niemand hoor ons noodkreet;

Werkloosheid styg steeds

en maak ons bevrees.

Ons eens mooie land

is nou aan die brand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters