2 maande gelede
Gees tussen partye is gesond
STEMDAG: Kiesers queue in 2014 om hul kruisies te trek.Foto: WIKIMEDIA  ~ 

Rdl. Mark Kleinschmidt van Kenwyn (wyk 60) skryf:

Suid-Afrikaners het verlede naweek registrasie-sentrums landwyd besoek om vir die verkiesing later dié jaar te registreer en te check of hulle geregistreer is.

Pres. Cyril Ramaphosa sal die verkiesingsdatum in sy in Februarie in sy staatsrede aankondig.

Die meeste kiesers kan getuig dat die registrasie-naweek goed en sonder intimidasie verloop het.

Dis nou behalwe vir ’n voorval in Mitchells Plain, waar Patricia de Lille, die voormalige Kaapse mayor, glo gekla het dat die DA sê sy is nog ’n DA-lid.

Die DA se manifes is gegrond op vryheid, regverdigheid, geleenthede en diversiteit vir een nasie met een toekoms. Dit is dus onwaarskynlik dat die DA sulke vals inligting sal versprei.

Die gees tussen die politieke partye by die registrasiepunte was gesond en ek het selfs gesien dat lede van verskillende partye hande gehou het om te bid.

Ek herinner diegene wat die registrasie-naweek misgeloop het dat hulle nog na hul naaste kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie kan gaan om vir die verkiesing te registreer.

Veral die jeug word aangemoedig om hul demokratiese reg uit te oefen om te stem. Hulle moet stem vir ’n regering wat regverdig sal regeer, werk sal skep en sonder korrupsie, rassisme, baantjies vir boeties en seksisme sal operate.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters